Job Openings IT Ingenieur (George)

About the job IT Ingenieur (George)

Pos Beskrywing


Bied IT hulp op verskeie komponente van 'n IT omgewing en dit mag insluit maar kan meer as die voldgende wees: Hardeware, Sagteware, Netwerk en Agterware ondersteuning.

As die eerste kontakpunt vir kliënte word daar van jou verwag om professioneel en hulpvaardig te wees.
Om hulp te bied met 'n gevoel van dringendheid, ongeag die vlak van insident.
Ywer om die kliënte se verwagtinge te oortref deur enige insidente of diensversoeke te hanteer
Voortdurend jouself te verbeter met opleiding en navorsing en om te verseker dat jy die beste ervaring vir die kliënte se eindgebruikers kan bied.

Take en Verantwoordelikhede

  • Lewer buitengewone diens aan interne en eksterne klante.
  • Volg die reëls en prosedures
  • Reageer binne gekontrakteurde tysberamings aan kliënte.
  • Hou rekord van alle besonderhede so akkuraat as moontlik op in ons platforms, deur volledige notas en beskrywings vir oplossings te verskaf.
  • Analiseer probleme en ontwikkel oplossings in 'n tydige manier.
  • Bied ondersteuning aan kliënte op alle ondersteunde toepassings.
  • Voorsien gereelde opdaterings aan kliënte met betrekking tot insidente en diensversoeke.
  • Verseker dat probleme opgelos word volgens Numata se beste praktyke.
  • Eskaleer enige aanhoudende, onopgeloste of sakekritiese probleme binne een uur na 'n 2de vlak Ingenieur of jou Spanleier.
  • Handhaaf 'n 'n minimum van 30 uur per week op Autotask en bestuur jou werkrekord deur middel van gereelde tyd- en kaartjies-/taaktydinskrywings.
  • Bied leiding en opleiding aan kliëntpersoneel, sodat die gebruikers hulleself kan help.
  • Skep werk kennisbasis-artikels en tegniese notas by, soos oplossings geïdentifiseer word of artikels op Numata se sisteem gevind word om n verouderd te wees.
  • Hou toesig op alle 3de party-produkinstallasies en/of die verwante herstel en onderhoudsaktiwiteite wanneer dit op afstand benodig word.
  • Identifiseer en stel moontlike verbeteringe aan prosedures of stelsels voor aan jou Spanleier.
  • Bly op hoogte van moderne tegnologieë sowel as Numata se standaard prosedures.
  • Verseker dat alle opleidingsvereistes vir die rol in lyn met Numata se verwagtinge studeer en gesertifiseer word.
  • Bly betrokke en koördineer met 3de party-leweransiers (bv. Euphoria, Vodacom) om oop insidente of projekte op te los en te voltooi.
  • Help waar nodig op die rotasieskedule wat mag insluit maar nie beperk word tot: Uit te ry en op perseel te help, Werkswinkel, projekte ondersteuning, vroeë-en-laat skofte, en op perseel vir daaglikse vaste periodes.